Hoofstuk 6

God: Wat en Wie is God?

U kan ook deur gaan na God is 'n verterende vuur - Hoofstuk 23 wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

 

( Terug na Inhoud )


1. God is die Skepper van alles: Ons kan 'n hele paar tekse naslaan in die skrifte bv. Gen. 1, 2, 3, 14, 19 en 22. Asook Efes. 3:9 en Heb 1:2 en 10; ens.

2. God het die mens geskape na Sy gelykenis en beeld: Efes. 2:10 en 4:24 en julle met die nuwe mens beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Kol.3:10.

Daar is nog 'n paar tekse in die On Testament waarna ek kan verwys soos Gen 1:26-27; 9:6 ens.

3. God is die Vader van:

3.1 Christus, Matt. 11:27; 16:17 ens.

3.2 almal wat in Christus is deur die wedergeboorte - Matt.5:45 en 48 ens.

4. God is die Woord: Joh 1:1-14 "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God- En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon"

Ons lees in Rom 10:8 "Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:" Die woord in jou mond is die evangelise Goddelike woord wat jy spreek asook die evangelise Goddelike gedagtes, die woord in jou hart, is jou gedagtes en denke wat verkondig word.

lJoh. 1:1-5 "Vers 1 ¶ Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe-- vers 2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is-- vers 3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. Vers 4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees. Vers 5 ¶ En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie."

En dit verwys ook na die woord "die Woord van die lewe" en Open. 19:13 "En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God."

5. God is ook 'n paar ander geestelike dinge:

5.1 God is Liefde: Dit is die Goddelike liefde wat jy moet hê vir jou naaste, jou broederlike liefde. Hierdie liefde is nie dieselfde liefde wat jy vir jou vrou of man of kind of ouer het nie. Ek verwys na lJoh. 4:8 en 16.

5.2 God is Gees: Omdat God geestelik is, moet ons ook 'n geestelike, 'n wedergeborene word om God se ewebeeld en gelyke te kan wees. Joh. 4:24.

Omdat God Gees is, moet ons die skrifte en die Godheid geestelik insien en verstaan, dan kan ons God in Gees en Waarheid aanbid en dien.

Gees beteken;

a. asem en wind,

b. iets wat nie tasbaar en materialisties is nie en ook nie met die blote oog sigbaar is nie,

c. Gees, m.a.w. die Heilige Gees is 'n krag - Handelinge 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

5.3 God is die Gees van wysheid: Deut. 34:9 En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.

5.4 God is die Gees van Verstand: Jes. 11:2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.

5.5 God is die Gees van Heiligheid: Rom 1:4 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, en Efes. 4:24.

5.6 God is die Gees van lewe: Joh. 1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En 5:26, Rom. 8:2 ens.

5.7 God is die Gees van genade: Joh. 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggebore wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid en Hand. 11:23.

5.8 God is Lig: 1Joh 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

Lig beteken verstaanbaarheid m.a.w. wanneer ek lig sien omtrent 'n sekere saak dan verstaan ek dit. Ef 1:18 "verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;" en Ef 5:13 en ook Ps 119:130 " Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig". Dus om lig te skep by iemand is om 'n sekere saak duidelik en verstaanbaar te maak dan word lig gesien en dit vind plaas d.m.v. woorde. Wanneer ek geestelik verstandig word dan het ek "verligte oë van die verstand", geestelik.

So sal jy sien dat in Gen 1 tydens die skepping, dat elke keer gesê word "en God sê, laat daar lig wees en daar was lig". So sien ons ook 2Kor 4:4 "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie." Nou kan ons sien dat die verligting, verstaanbaarheid, van die evangelie die beeld van God is. Met ander woorde, God is verstaanbaarheid.

God is Lig (verstaanbaarheid), Gees en 'n Woord en nie een is materialisties nie en kan ook nie tasbaar wees nie of met die natuurlike oog gesien word nie want dit is geestelik want God is Gees. God is nie natuurlik nie en 1Kor 2:13 -14 " vers 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Vers 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word". Daarom moet jy 'n geestelike denkwyse hê om met God te kan kommunikeer en God te ken.

Daarom dan dat deur die woord wat God is, Joh 1:1-4 " vers 1 ¶ In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Vers 2 Hy was in die begin by God. Vers 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. Vers 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense." wat dan tot jou gebring is, is daar by jou lig (verstaanbaarheid) gebring en jy daardeur die Gees van God ontvang het en 'n geestelike mens (hemelse mens) geword het.

Gaan nou na God in Vlees sodat ons die verklaring daarvan kan bespreek.

( Terug na Bo )